Rietbron het op Vrydag, 31 Oktober weer sy vere reggeskud vir die tweede Angorabok– en Merino-skou wat daar gehou is met die samewerking van die Rietbron-landbouvereniging, die skoukomitee en die Rietbron-vroueklub.
Strate is afgesper en heinings is verskuif om plek te maak vir die opwindende gebeurtenis en die diere is onder ’n groot markiestent vertoon. Vertoners het van so ver as Steytlerville, Murraysburg en selfs Humansdorp gekom om die dag by te woon, en plaaslike boere het ook weer hul getroue ondersteuning gebied.
In totaal is 320 diere aangebied, waarvan 190 Merino’s en 130 Angorabokke. Die gehalte van die diere was puik en dit was ’n besondere prestasie om vanjaar ’n plek onder die top drie by die skou te behaal. Vertoners kon hul diere in ’n verskeidenheid klasse inskryf: die Angorabokke het agt verskillende klasse en die Merino’s 17 klasse gehad. Die wenners het met waardevolle pryse weggestap, insluitend doseermiddels, afrondpille, kunsmis en geskenkbewyse.
Meer informasie & uitslae op https://agriorbit.com/rietbronskou-laat-dorp-leef/
Hoof Foto deur Ane Steenkamp Photography Besoek haar Rietbron Skou gallery by https://anesteenkampphotography.pixieset.com/rietbronskou/



