Lys jou speel plek

Verkoop ’n Karoo-ervaring

 

Kilometers se droë riviersand – die quad-ryers smag daarna.

Vee werk? Kyk hoe skeer ons merino skape of angora bokke, dip, kapaters maak – mense soek die kans om dit self te beleef.

Klei lat, plaasdam-swem, perdry of ’n veldstap onder die sterre.

Jag en die stilte van die Karoo.

Speel Lys (#6)

Besprekings & Kansellasies

Ons werk standaard op :

  • 100% deposito om bespreking te bevestig
  • Indien 7 dae voor aankoms kanselleer, verbeur 100% van die deposito.
  • Indien 14 dae voor aankoms kanselleer, verbeur 50% van die deposito.

Terme & Voorwaardes

Pryse:  Die verskaffer bepaal die finale kleinhandelprys. Geen veranderinge na verkoop nie. Pryse bly onveranderd totdat die verskaffer skriftelik instruksie gee vir ’n verandering.

Lysing: Elke produk moet beskrywing + beeld hê. Misleidende informasie kan tot suspensie lei.

Voorraad: Produkte moet binne 2 werksdae versend word, anders word bestelling gekanselleer & klant terugbetaal. Drie kansellasies = verwydering.

Op bestelling (Made to Order): Produksietyd in dae moet waar benodig, aangedui word. Nie betyds afgelewer = kansellasie. Drie keer = suspensie. Alle ander produkte in bestelling wag tot finale produk gereed is vir versending.

Versending: Verskaffer reël self (vaste tarief of plaaslike optel). Waybill nommer verpligtend vir koerier en moet aan Rietbron webruimte deurgegee word.

Kommissie:

  • Rietbron Diensfooi: 7,5% op finale verkoopprys (dek Yoco, transaksiekoste, laai van produkte & administratiewe ondersteuning).
  • Bemarker-Kommissie: 10% op finale verkoopprys waar ’n bestelling via ’n Rietbron bemarker geskied. Hierdie kommissie word apart van die diensfooi gehef en van die uitbetaling aan die verskaffer afgetrek.
  • Uitbetaling: Verskaffers ontvang die finale verkoopprys minus die diensfooi (7,5%) en, waar van toepassing, die bemarker-kommissie (10%).

Betaling: Fondse word 72h ná aflewering/optel/bespreking vrygestel, tensy probleme binne 48h aangemeld word.

Terugbetalings: Uit voorraad, laat aflewering, verkeerde of beskadigde produkte – as dit binne 48h ná aflewering gerapporteer word.

Terugbetalings – Slaap & Speel Kansellasie: Die Rietbron webruimte sal u in kennis stel van kansellasies en alle terugbetalings word deur die verskaffer self betaal.  Bewys van terugbetaling word vir rekord doeleindes benodig.

Sign Here

FAQ about Listing (#7)

Ons gebruik Yoco aanlyn betalings om die betaling te hanteer en om te verseker dat betaling deur is en fondse gereserfeer is, voor ons jou in kennis stel van die transaskie. Yoco se kostes werk uit op 3,39% per transaksie en is ingesluit in ons 7,5% kommissie.

Gebruiker koop produk aanlyn  --> word na Yoco gestuur vir betaling --> Yoco stuur ons bewys dat fondse gereserfeer is

Sodra bewys vanaf Yoco ontvang is:

  1. Ons laai bestelling op jou dashboard
  2. Jy word per Whatsapp of Telegram van die bestelling verwittig
  3. Sodra jy Waybill het, stuur dit na Rietbron Webruimte & ons laai op dashboard & verwittig koper daarvan.
  4. Ons "track" aflewering & sodra bevestig begin die aftelling vir betaling.  
    1. Klient het 48h om 'n probleem aan te meld
    2. Indien geen probleem aangeemeld is nie, word die bestelling op 72h na aflewering betaal.

INDIEN die klient 'n The Courier Guy kwotasie versoek het:

  1. Stuur ons detail van bestelling vir jou
  2. Jy antwoord met kwotasie, wat ons aan klient stuur.
  3. Aanvaar hy dit betaal hy die aangepasde prys vir bestelling en proses gaan voort soos bo.  Word die kwotasie verwerp sal jy in kennis gestel word.

Kliek hier vir detail oor die Rietbron Bemarkers (affiliates)

Onthou as jy die diens wil gebruik om jou produk, speel of slaap plek te bemark, moet jy voorsiening maak dat die bemarker 10% komissie gaan verdien op die transaksie.

Copyright © 2025 Rietbron
Rietbron is a project maintained by FAQ for the Rietbron Community, Online orders includes a 7,5% service fee to cover payment gateway, maintenance & admin costs.
Terms & Conditions | Privacy Policy | Shipping & Delivery Policy | Returns & Refunds Policy

Shopping Cart