Let's Chat
Oupa Kapok Bekker het altyd in Rietbron en sy mense geglo. Hy het dikwels gesê: “Jy kan iemand uit Rietbron haal, maar nooit Rietbron uit die mens nie.”
Hierdie aanlyn ruimte is aan hom en die gemeenskap opgedra — ’n gebaar van ’n oud-Rietbronner wat die nuwe geslag wil aanmoedig om hul eie pad te bou, hul talente te deel en ’n bykomende inkomste of selfs ’n nuwe besigheid te skep.
Ons bied vir nou 3 opsies:
Verkoop ’n Karoo-ervaring
Kilometers se droë riviersand – die quad-ryers smag daarna.
Vee werk? Kyk hoe skeer ons merino skape of angora bokke, dip, kapaters maak – mense soek die kans om dit self te beleef.
Klei lat, plaasdam-swem, perdry of ’n veldstap onder die sterre.
Jag en die stilte van die Karoo.
