Let's Chat

Chat

Oupa Kapok Bekker het altyd in Rietbron en sy mense geglo. Hy het dikwels gesê: “Jy kan iemand uit Rietbron haal, maar nooit Rietbron uit die mens nie.”

Hierdie aanlyn ruimte is aan hom en die gemeenskap opgedra — ’n gebaar van ’n oud-Rietbronner wat die nuwe geslag wil aanmoedig om hul eie pad te bou, hul talente te deel en ’n bykomende inkomste of selfs ’n nuwe besigheid te skep.

Ons bied vir nou 3 opsies:

  • Chat

    Maak jou Karoo-plek ’n gasteplek

    Gee nuwe lewe aan die dorpshuis, oupa se plaashuis, die werkershuisies of daai koel plekkie in die kloof. Maak dit netjies, sit dit op – en verhuur dit aan iemand wat droom om ten minste vir ’n rukkie in Rietbron te kan bly.

  • Chat

    Verkoop Produkte

    Maak jy boere-oondjies, kook boerseep, lê kwepers in of maak appelkooskonfyt? Bou jy meubels of handgemaakte items?
    Ons help jou om dit aanlyn te sit – en te verkoop!

  • Chat

    Verkoop ’n Karoo-ervaring

    • Kilometers se droë riviersand – die quad-ryers smag daarna.

    • Vee werk? Kyk hoe skeer ons merino skape of angora bokke, dip, kapaters maak – mense soek die kans om dit self te beleef.

    • Klei lat, plaasdam-swem, perdry of ’n veldstap onder die sterre.

    • Jag en die stilte van die Karoo.

  • Chat

    Bemark Rietbron Produkte

    Sluit aan as 'n Rietbron Bemarker, deel jou unieke Rietbron-skakel op jou sosiale kanale, verdien kommissie op aankope deur jou volgelinge — sonder ekstra moeite!

Copyright © 2026 Rietbron
Rietbron is a project maintained by FAQ for the Rietbron Community, Online orders includes a 7,5% service fee to cover payment gateway, maintenance & admin costs.
Terms & Conditions | Privacy Policy | Shipping & Delivery Policy | Returns & Refunds Policy

Shopping Cart