RietbronMeer oor RietbronNG Kerk RietbronLaerskool RietbronRietbron SportdagAkkomodasie in RietbronBesighede in Rietbron
Home | Sportdag | Laerskool Rietbron Eeufees | Meer oor Rietbron | NG Gemeente Rietbron | Laerskool Rietbron | Akkommodasie in Rietbron | Rietbron Vroueklub | Rietbron Landbouvereniging | Besighede in Rietbron | Kontak ons |
Home / Laerskool Rietbron / / 1910 - 2010 /

LAERSKOOL RIETBRON 1910 - 2010

Die eerste skool is na bewering begin in 1910. In 1911 was daar 27 leerlinge en die skool was oorvol. Daar was op hierdie stadium baie plaasskole waar plaaskinders kon onderrig kry. In 1914 was daar ‘n 3-manskool met 80 leerlinge en in 1920 het die getalle so gegroei dat 5 onderwysers aangestel is en ‘n armkoshuis geopen is. Plaaskinders wat op hierdie stadium skool bygewoon het, het by familie en kennisse op die dorp loseer.

In 1935 ontvang die skool sekondere status met 185 leerlinge en die volgende jaar moes nog ‘n vlerk aan die skool gebou word, wat dit moontlik gemaak het om houtwerk aan te bied. Dit maak die skoolgebou, uit die lug, in die vorm “E”. In 1931 bereik die skool ‘n hoogtepunt met 251 leerlinge en 10 onderwysers. Daarna het geleidelike daling in getalle plaasgevind. In 1958 verloor die skool sy sekondêre status en in 1960 was daar net 50 leerlinge.

Sedert 1975 is dit ‘n 2-manskool en die moontlikheid om kinders van buite “in te voer” word vir die eerste keer ondersoek. In 1984 is die eerste kinders van buite Rietbron by die skool ingeskryf. Die kerk het dieselfde jaar ‘n bussie gekoop om hierdie kinders (6 van Port Elizabeth en 9 van Uitenhage) na Rietbron te vervoer. Die projek het as ROEP bekend gestaan, Red Ons Eensame Platteland. Daar was net 9 plaaslike kinders in die skool. Meeste mense het op hierdie stadium gedink dat dit net ‘n kwessie van tyd is voordat die skool sy deure gaan toemaak, maar vandag, byna 25 jaar later, is die Rietbronners meer geditermineerd as ooit te vore, om nie net hierdie skooltjie te laat voort bestaan nie, maar ook te verbeter. Huidiglik is daar 39 leerlinge (17 plaaslik en die res van Willowmore - omgewing) van Graad R tot Graad 7 wat deur 4 onderwyseresse onderrig word onder leiding van Me Mauritzia Snyman as skoolhoof.

Sedert 1995 word daar jaarliks ‘n sportnaweek gehou, wat die grootste fondsinsamelings-projek van die skool is. Laer- en hoërskoolspanne van so ver as die Paarl (Boys High) kom neem deel. Hokkie en rugby kry al om die ander jaar ‘n beurt. Dit word gekombineer met ‘n Sybokjeugprogram, waar kinders leer hoe om o.a. bokke te tel en te vang. Op so ‘n naweek bars Rietbron uit sy nate. Daar word saam met die sport om braai-vleisvure gekuier. Ons paviljoene is vragmotors wat om die veld geparkeer en as losies verhuur word.


Home Sportdag | Laerskool Rietbron Eeufees | Meer oor Rietbron | NG Gemeente Rietbron | Laerskool Rietbron | Akkommodasie in Rietbron | Rietbron Vroueklub | Rietbron Landbouvereniging | Besighede in Rietbron | Kontak ons |

Internet marketing for South African websites by FAQ.co.za