RietbronMeer oor RietbronNG Kerk RietbronLaerskool RietbronRietbron SportdagAkkomodasie in RietbronBesighede in Rietbron
Home | Sportdag | Laerskool Rietbron Eeufees | Meer oor Rietbron | NG Gemeente Rietbron | Laerskool Rietbron | Akkommodasie in Rietbron | Rietbron Vroueklub | Rietbron Landbouvereniging | Besighede in Rietbron | Kontak ons |
Home / Meer oor Rietbron /
In die Country Life | Rietbron in the Weg | Rietbron se Plante | Plase rondom Rietbron | Foto's vanaf Rietbron | Sonsondergang oor die karoo |

Meer oor Rietbron

Teen die middel v.d. 19de eeu was die meeste van die vlakte tussen Beaufort-Wes, Prins Albert, Willowmore en Aberdeen nog kroongrond en onbewoon. Wilde volstruise en springbokke het in groot getalle voorgekom. Alhoewel die veld as weiding uitstekend geskik was vir kleinvee, was water skaars en het in droeë tye feitlik heeltemal verdwyn. Die eerste plase het ontstaan waar water verkrygbaar was.
Die plaas Rietbron (in die wandel bekend as Kaalplaas), waar ‘n standhoudende fontein was, is op 15 April 1841 uitgemeet en aan Hendriena Momberg toegeken teen ‘n erfpag van R2 per jaar. Die plaas was 5964 morg groot en was omtrent in die middel van genoemde dorpe geleë. Die ou plaashuis bestaan vandag nog, op die hoek van Keulder en Voortrekkerstraat. Dit is die eerste huis regs as jy die dorp van Willowmore af inkom.

Kaalplaas het baie van eienaar verwissel. In 1907 het Miller, toe die eienaar, ‘n dorp by die fontein laat registreer as “Morriston” (sy vrou sy nooiensvan was Morris). In 1910 het die NG Kerk Willowmore dit vir R6000 gekoop, hoofsaaklik met die idee om ‘n kerk te stig. Byna 100 jaar later is die kerk steeds die middelpunt van Rietbon en sy mense.

MUSEUM

Die Museum is in die ou ACVV saaltjie. Dis gebou in 1925. Baie Rietbron geskiedenis is hier bewaar. Die Kurator is Elizna Marais. Kontak haar by 044 934 1006 of 082 614 7359.  
 

Omgewing

Rietbron is angorabokwêreld. Rietbron/ Willowmore is die grootste sybokhaarprodusent in Suid- Afrika. Op verskeie plase kan daar na angoraboerdery gekyk word. Beervleidam, die bekende “droë dam” op die Aberdeen / Willowmore pad is ook iets om te sien. Jy is ook welkom om net die Karoo stilte, natuurskoon, sonsondergange, sterrehemel, en vars lug te kom geniet. In die Rietbron omgewing is daar heelwat akkommodasie beskikbaar, van ‘n luukse huis tot ‘n tente kamp.

 

Beervleidam is ‘n vloedbeheerdam op die Sout- en Kariegariviere. Dit is die dam met die tweede grootste opvangsgebied naas die Gariep in Suid-Afrika.
 

 


Home Sportdag | Laerskool Rietbron Eeufees | Meer oor Rietbron | NG Gemeente Rietbron | Laerskool Rietbron | Akkommodasie in Rietbron | Rietbron Vroueklub | Rietbron Landbouvereniging | Besighede in Rietbron | Kontak ons |

Internet marketing for South African websites by FAQ.co.za